Ek was in 2020 uitgenooi deur dr Jo Viljoen om by hul "Warrior-groep" aan te sluit. 'n Veilige spasie waar ek rou eerlik kon wees en my storie kon vertel en my seer kon deel met ander vroue sonder veroordeling of verwerping! Hier het ek besef ek staan nie alleen nie - daar is soveel ander vroue wat ook stukkend, rou en verniel is! Hier word jy aanvaar, is daar begrip en ondersteuning, wat jou omstandighede ookal mag wees. Hier neem ons hande en luister na mekaar, word ons bemoedig en versterk en ondersteun deur mekaar en professionele terapeute met harte wat waarlik omgee en die pad enduit saam met jou stap. Binne hierdie groepie leer jy om 'n "Warrior-vrou" te word wie die moed het om grense te stel en sag met haarself om te gaan! 'n Vrou wat haar ware self kan ontdek en kan opstaan vir haarself. Hier kon ek groei met elegansie en weer my eie waarde ontdek! Friedrich Nietzsche het beklemtoon : "The value of life cannot be underestimated." - weet dat jou lewe ook waardevol is.